Local newsNewsSport

Sussies presteer weer in die saal

Twee ruiters van Laerskool Fochville het onlangs weer op hul perde presteer.

Die twee sussies, Mariolee (gr. 3) en Annemie Brandon (gr. 7) het tydens die SANESA (die nasionale perdry-vereniging) kwalifiseerders 1 en 2 by die Parys AfriDome hul skool verteenwoordig.
Mariolee het op Stumble In en La Luna deelgeneem, terwyl Annemie haar staal op Stumble In, Hailey en XXX gewys het.
“Dit het baie goed met hulle gegaan, ook in hul toetse vir die “equitation” en “performance”. Hulle moet nog twee kwalifiseerders doen om na die nasionale kampioenskap deur te dring,” sê hul ma, Anita.

Mariolee op Stumble Inn.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button