Local newsNews

Hoof van kleuterskool (51) koelbloedig doodgeskiet tydens motorkaping in Sonlandpark

Die hoof van 'n kleuterskool en voorskoolsentrum in Sonlandpark is vanoggend (7 Februarie 2023) by haar woning in Waterbergstraat aan die rand van Sonlandpark in Vereeniging koelbloedig doodsgeskiet tydens 'n motorkaping.

Die oorledene, 51-jarige Franciska Mogotloane, woon op die perseel saam met haar 10-jarige seun en haar 19-jarige dogter.

Sy bedryf ook die Little Star Nursery & Pre-School-sentrum van haar huis af.

Sy sou volgens haar ouer broer, Thabo Motaung, Dinsdagoggend haar 10-jarige seun by die skool gaan aflaai en vir dialisebehandeling gaan toe twee gewapende mans haar oorval het terwyl sy besig was om haar voertuig uit die motorhuis te trek.

Volgens omstanders het hulle twee tot drie skote kort na mekaar gehoor.

Nog ‘n skoot is blykbaar later afgevuur.

Die twee verdagtes het in haar rooi Mahindra TUV 300 met registrasienommer “HT 56 RG GP” op die vlug geslaan. Haar selfoon ter waarde van R28 000 en beursie was in die voertuig toe dit gesteel is.

Die Vereeniging-polisie was vandag op die toneel.

Vaalweekblad verstaan ‘n moorddosier is geopen en die saak word ondersoek.

Kapt. Fikile Funda, ‘n woordvoerder vir die polisie in Vereeniging, het die voorval bevestig.

Funda sê: “Daar word beweer dat die oorledene op pad was om die huis te verlaat en dat sy na die morothuis is om haar voertuig aan te skakel.

“Terwyl sy in die motorhuis was het twee mans die deur oopgemaak en drie skote afgevuur.

“Die oorledene se dogter sê sy het gesien hoe een van die mans die voertuig uit die garage uit trek terwyl die ander een terug is om die oorledene nog ‘n keer te skiet.”

Die distriksbevelvoerder, genl. Zodwa Molefe, het die voorval ten sterkste veroordeel.

“Dit is barbaars om ‘n vrou op hierdie manier dood te maak terwyl ons die Maand van Liefde vier,” sê Molefe.

*Hierdie is ‘n ontwikkelende storie. Ons sal meer breedvoerig berig of die storie opdateer sodra ons meer inligting het.

Franciska Mogotloane (51) by haar huis van waar sy die voorskoolsentrum bedryf. Foto: WhatsApp
Die adres in Waterbergstraat waar die motorkaping Dinsdagoggend omstreeks 05:30 plaasgevind het. Foto: Christiaan Cloete

https://vaalweekblad.com/155079/hoof-van-kleuterskool-51-koelbloedig-doodgeskiet-tydens-motorkaping-in-sonlandpark/?fbclid=IwAR1YVemgFaCGWAR0j1DQYHuBmZwpKCJVEhGblT-UxULYfCrWjkEqUBNH-Zo

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button