Local newsNews

Gesteelde voertuie van transitorooftog verbind met eienaar van sekuriteitsmaatskappy

'n 45-jarige eienaar van 'n sekuriteitsmaatskappy het op Vrydag 6 Januarie 2023 vlugtig in die Vanderbijlpark-landdroshof verskyn in verband met die besit van gesteelde voetuie wat glo tydens 'n mislukte transitorooftog by Boipatong gebruik is.

Die mislukte rooftog het op Dinsdag 3 Januarie in Frikkie Meyer Boulevard in Vanderbijlpark plaasgevind.

‘n Gepantserde voertuig van G4S is blykbaar twee keer van agter af deur ‘n swart Mercedes Benz gestamp en het toe die pad verlaat en in die nabygeleë bosse beland.

Die gepantserde voertuig wat in die rooftog aangeval is. Foto: Sifiso Jimta.

Volgens kapt. Lloyd Ramovha van die Valke is skote op die gepantserde voertuig afgevuur waarna ‘n groep gewapende verdagtes die voertuig omsingel het en die wagte beveel het om uit die voertuig te klim.

Die wagte se wapens is afgeneem en die verdagtes het daarna probeer om die vragmotor met plofstof op te blaas.

Die verdagtes het met leë hande in verskeie voertuie van die toneel af weggejaag.

‘n Span bestaande uit die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad, Sedibeng-misdaadintelligensie, die taktiese reaksiespan en die honde eenheid het Donderdag ‘n klopjag in Fowlerstraat in Vanderbijlpark uitgevoer waartydens hulle op die gesteelde voertuie wat glo tydens die mislukte transitorooftog gebruik is afgekom.

Die verdagte het Vrydag vlugtig in die landdroshof verskyn, maar die saak is uitgestel vir verdere ondersoek.

Die Herald se susterkoerant Vaalweekblad sal meer breedvoerig berig sodra hul meer inligting het.

Die man in wie se besit die voertuie gevind is, is glo die eienaar van ‘n sekuriteitsmaatskappy. Foto: Verskafhttps://vaalweekblad.com/152781/gesteelde-voertuie-van-transitorooftog-verbind-met-eienaar-van-sekuriteitsmaatskappy/?fbclid=IwAR03GYS9ZLYvWvPllVoeQOmujtRnzuRa02OG5wPiXUKTNGaeCAmyrKvObNc

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button