Local newsNews

Jy kan van môre af vir die beste besighede in Merafong stem

Lesers kan vir hul gunsteling besighede stem.

Jy kan van môre af vir die beste besighede in Merafong stem

Die Carletonville en Fochville Herald se uitgawe wat môre op straat verskyn, het heelwat meer bladsye as gewoonlik danksy ons lesers en adverteerders wat dit moontlik gemaak het om te kan spog met ons omgewing se uithaler besighede wat genomineer is vir die eerste Best of Merafong toekennings.

MooiVaal Media, eienaar van Carletonville en Fochville Herald, het die projek geloods sodat lesers sakeondernemings kon nomineer wat na hul mening die hoogste gehalte diens en produkte lewer. Ondernemings wat die ekstra myl loop om uitstaande diens en kliënte tevredenheid te waarborg.

Van môre af kry lesers die kans om te stem vir die wenners in elke kategorie.

Onthou dat dit ‘n aanlyn kompetisie is, en jou stem dus slegs tel as jy die aanlyn stemvorm invul.

  • Jy kan daagliks stem
  • Jy kan in meer as een kategorie stem vir die besighede van jou keuse.
  • Jy kan egter net vir een onderneming in elke sub-kategorie stem.

Hou dus môre (5 September) se koerant dop!

 

Related Articles

Back to top button