Local newsNews

Brandstofpryse daal om middernag

Daar is darem bietjie verligting by die pompe.

Die pryse van al die soorte brandstof sal van môre (4 September) af gelukkig laer wees.

Die prys van 93 en 95 oktaan petrol daal met 92 sent per liter, dié van diesel met ‘n swaelinhoud van 0.05% met 79 sent per liter en dié van diesel met ‘n swaelinhoud van 0.005% met 105 sent per liter.

Die dieselpryse is pryse vir die groothandel en individuele vulstasies s’n kan wel verskil.

Intussen gaan paraffien ook 103 sent per liter goedkoper wees terwyl gas ook 10 sent per kilogram goedkoper sal wees.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button