Local newsNews

Carletonvillers en Fochvillers kan maar weer hul baadjies nader trek

Hou maar by voorbaat die komberse naby.

Koue weer word vir veral vanaand en môre voorspel.

Ná die sneeu wat in die Kaap geval het, trek die koue weer ook van vanaand af na ons kant toe.

Volgens die Suid-Afrikaanse Nasionale Weerdiens (SANWD) kan Carletonville vanaand (29 Augustus) ‘n minimum nagtemperatuur van -1 grade Celsius verwag.

Môre se maksimum gaan maar 18 grade Celsius wees, met ‘n minimum van 3 grade Celsius.

Saterdag se maksimum is darem weer effens op na 21 grade Celsius, terwyl die minimum maar steeds ‘n koue 2 grade Celsius gaan wees.

Hoewel die SANWD nie aparte voorspellings vir Fochville het nie, voorspel die toepassing YR Weather vanaand ‘n minimum temperatuur van 7 grade Celcius vir die dorp. More se maksimum temperatuur sal ook net 18 grade Celcius wees.

Related Articles

Back to top button