Local newsNews

Huisrower oorval tiener in Oberholzer

Die booswigte het die diefwering in die kombuis afgesny.

‘n Brawe tienermeisie het die afgelope week vining gedink toe ‘n huisrower haar in die middel van die nag oorval het.

Die meisie (17) en haar ma was Donderdaggoggend in hul huis in Oberholzer aan die slaap toe ‘n gemaskerde rower omstreeks 02:15 in die dogter se kamer instap. Volgens die meisie se ma het die rower eers probeer om ‘n hangertjie van haar nek af te ruk. Toe dit egter agter haar rug inval, het hy haar kop met ‘n kombers toegegooi.

Hy het toe voortgegaan om ware in die res van die huis te begin wegdra.

Toe die meisie besef dat die rower nie meer naby haar is nie, het sy opgespring en na haar ma se kamer gehardloop en haar vertel wat gebeur het. Dít het die rower vermoedelik gesteur en hy het met onder meer ‘n skootrekenaar, selfoon en plasma televisiestel gevlug.

Volgens die meisie se ma vermoed hulle daar was meer as een rower in die huis.

“Dit was ‘n lelike ding. Hulle het my dogter “getarget” want my hond het voor my kamer gelê. Ek is so trots op my dogter want sy was so braaf om na my toe te hardloop. Hulle het die diefwering in my kombuis afgesny. Gelukkig het hulle nie met te veel weggekom nie,” sê die ma.

“Ons is gelukkig veilig, maar dit is ‘n inbreuk op jou privaatheid”.

You can read the full story on our App. Download it here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button