Local newsNews

Bejaarde vrou dood na sy op plaas naby Fochville aangeval is

Verskeie wapens is uit die huis gesteel.

‘n Inwoner van die Modderfontein-omgewing tussen Fochville en Westonaria is Sondagaand dood na aanvallers haar op haar en haar man se plaas geskiet het.

Volgens die stasiekommissaris van die polisie in Westonaria, Kol. Jurie Ferriera, het mev. Salome Stolz (64) Sondag 9 Junie op hul plaas, Deel 24 van die plaas Modderfontein, agtergebly toe haar man, Jan, diesel in sy bakkie gaan gooi het.

Toe hy omstreeks 17:30 by die plaas terugkom, het sy vrou voor die huis gelê. Sy het wonde op haar bors gehad en hy het dadelik bure en nooddienste gebel.

Hoewel verskeie ambulansdienste en onder meer lede van die Fochville GPF vining op die toneel aangekom het, is mev. Stolz deur nooddienspersoneel van Gauteng Nood Mediese Dienste opgelaai. Volgens Kol. Ferreira het die paramedici op die toneel dadelik gesien dat sy drie keer in die bors geskiet is.

Sy is ongelukkig in die ambulans oorlede.

Die polisie het by verdere ondersoek gevind dat verskeie wapens uit die huis gesteel is. Van hierdie wapens is tydens ‘n vorige aanval op die plaas gesteel, maar is later deur die polisie teruggevind.

Die polisie in Westonaria ondersoek aanklagte van moord en huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval gearresteer nie.

Enige iemand wat dink dat hulle inligting het wat kan help om mev. Stolz se moordenaar(s) aan te keer, kan Kaptein Allie Motlhale by 082 319 9515 skakel.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button