Local newsNews

Fochies help die DBV

Laerskool Fochville se Mosterdsaadjies help die Carletonville DBV.

Leerders van Laerskool Fochville het die afgelope week gewys dat hulle vir diere omgee deur ‘n skenking aan die Carletonville DBV (Dierebeskermingsvereniging) te maak.

Volgens een van die skool se onderwysers, me. Marilise Berry, het Laerskool Fochville se Bybelklas, die Mosterdsaadjies, die projek geloods om ons plaaslike DBV te ondersteun.

“Leerders het aan ‘n inkleur-kompetisie deelgeneem en kon borge of voedsel by familie as vrywillige donasies ontvang. Ons was oorweldig deur ons wonderlike gemeenskap se ouers en leerders se oop harte en hande,” sê Berry.

Danksy al die hulp kon die Mosterdsaadjies op Woensdag 8 Mei ‘n bedrag van R22 385 asook ongeveer 120 kg kos vir diere, tesame met bederfies en benodigdhede oorhandig.

“Ons as skool waardeer en bewonder die DBV vir die groot werk wat hulle doen en bid die Here se rykste seën en beskerming oor hulle. ”n Gelowige is lief vir sy diere. Hy behandel hulle altyd goed.’ (Spreuke 12:10),” sê Berry.

“Hou asseblief aan om die DBV te help en te ondersteun. Gaan besoek hulle gerus om ‘n kosbare hondjie aan te neem wat wag op ‘n veilige tuiste en liefde,” voeg sy by.

Mev. Wanda Kramer (links) en mnr. Anthony Fick van die DBV ontvang die skenking van me. Marilise Berry.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button