Local newsNews

Jarelange inwoner oorlede

'n Jarelange inwoner en sakeman van Carletonville is onlangs oorlede.

‘n Jarelange en bekende inwoner van Carletonville, mnr. Pieter Barend Swart (73) is op 15 Maart skielik oorlede.

Volgens sy kleindogter, Simoné Harman, het baie mense haar oupa geken.
Hy het vir meer as 30 jaar in die omgewing gewoon. Hoewel hy vroeër in die myn gewerk het, het baie mense hom ook geken omdat hy onder meer yskaste by sy huis op die hoek van Stasie-en Coronationstraat herstel het en nuwe gas in motors se lugverkoelingstelsels gesit het.

“Hy was ‘n sterk, hardwerkende man met baie talente,” vertel sy kleindogter.

Sy roudiens is op 22 Maart by die Lede in Christus Kerk in Carletonville gehou. Mnr. Swart word oorleef deur sy vrou Luida, dogters Johanna Harman, Jolien Swart en Annelien Kuik, skoonseuns en kleinkinders.

Related Articles

Back to top button