Local newsNews

Wees steeds versigtig op die Stasiepad

Jy waag steeds jou lewe op 'n stuk van hierdie pad.

Hoewel verskeie besighede die afgelope jaar gehelp het om slaggate op die Fochville Stasiepad te herstel, is dit steeds plek-plek baie gevaarlik.

Die gevaarlikste deel is net voor die Stasiepad by die R54-pad tussen Potchefstroom en Vereeniging aansluit. Baie inwoners gebruik juis dié pad om vinnig en veiliger as met die N12 na Potchefstroom toe te ry.

Van die slaggate naby dié aansluiting is só diep dat dit meeste voertuie sal beskadig. Daar is ook plek-plek só baie slaggate dat jy bykans dood moet stop om dit te mis.

Die Herald het die Departement van Paaie en Vervoer in die Krugersdorp-gebied, me. Bulelwa Thomas, gevra wanneer die slaggate herstelsal word, maar het nog geen antwoord ontvang nie.

Die ergste slaggate is net voor die aansluiting by die pad na Potchefstroom en Vereeniging.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button