NewsSport

‘Kaalvoet klonkie’ op pad na SAs

Atlete van klub in Carletonville presteer.

Atlete van die Smithathlons atletiekklub op Carletonville het vir hul sport se nasionale kampioenskap gekwalifiseer.

Twee van die klub se atlete, Mikayla Smith en Sandiso Loana, het op 1 en 2 Maart aan die Gauteng atletiekkampioenskap by die Germiston-stadion gaan deelneem.

Mikayla, ‘n leerder van Hoërskool Carletonville, was derde in die 100 m en het die wedloop voltooi in ‘n tyd wat haar vir die SA’s kwalifiseer. Sy het ook in die aflos vir die SA’s gekwalifiseer en kan moontlik ook nog in die 200 m deurdring.

Hoewel Mikayla o.14 is, het sy in die o.15 ouderdomsgroep deelgeneem. Hoewel Mikayla ook in die hoogspring uitblink, het sy uit dié item onttrek omdat dit op dieselfde tyd as die 100 m plaasgevind het.

“Hulle het met 32 atlete begin en daarna uitdunne gehardloop om die volgende 16 beste atlete te kies wat na die semi-finale toe gaan. Dan eers hardloop hulle die semi-finale en die agt bestes dring deur na die finaal. Dit was warm en die tartan was vuurwarm. Mikayla het al die hele seisoen kaalvoet gehardloop. Almal noem haar die ‘kaavoet klonkie’,” sê die klub se afrigter, Annetjie Smith.

Sandiso, ‘n leerder van Carleton Jones High School, het ook vir die SA’s gekwalifiseer na hy ‘n silwermedalje in die o.17 driesprong ingepalm het.
Albei gaan van 3 tot 6 April aan die SA’s in die Paarl deelgeneem. Intussen het verskeie van die klub se atlete ook die afgelope naweek tydens die Sentraal-Noordwes kampioenskap op die Kenneth McArthur-ovaal in Potchefstroom meegeding.

Lesego Thela het goud in die o.16 100 m ingepalm, Keira Long was eerste in die o.16 800 m en vyfde in die 400 m en Danie de Wet was tweede in die o.16 100 m en vierde in die 200 m.

Lesego is ‘n leerder van Carleton Jones High School en Keira en Danie is beide leerders van Hoërskool Fochville.

Related Articles

Back to top button