Local newsMotoringNews

Pragtige diere soek huise by die DBV

Verskeie lieflike diere moet nuwe huise kry.

Daar is baie pragtige honde en katte wat by die Carletonville DBV (Dierebeskermingsvereniging) na nuwe huise soek.

Behalwe vir volwasse honde van alle groottes en pragtige katte, is daar ook baba diertjies wat aangeneem moet word.

Die DBV herinner ook troeteldier-eienaars dat, indien hul viervoet vriend dalk verlore raak, hulle die organisasie moet skakel aangesien baie verlore diere na die DBV gebring word.

Die DBV se kantore en hokke in Beersterstraat in Oberholzer (op pad na die koöperasie) is van 09:00 tot 16:00 op weeksdae en op Saterdae van 08:00 tot 11:00 oop.

Die Carletonville DBV kan by 018 788 6262 geskakel word. Hul noodnommer is 064 752 6035.

Verskeie lieflike katte en katjies is ook na nuwe huise op soek.
Hierdie baie liefdevolle Border Collie moet ook ‘n nuwe huis kry.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button