Local newsNews

Man verkies selfdood bo arrestasie op Carletonville-saak

Lede van die Vanderbijlpark SAPD en verbygangers was geskok toe 'n man se arrestasie in tragedie geëindig het.

Die SAPD was glo reeds vir ‘n wyle op die spoor van ‘n verdagte, mnr. Johan Moller, insake uitstaande lasbriewe en verskeie bedrogsake teen hom, onder meer oor misdade wat in die Carletonville-omgewing gepleeg is.

Na wat verneem word was hy woonagtig op ‘n kleinhoewe in die Barrage-gebied. Hy het egter verdwyn nadat dit aan die lig gekom het dat die SAPD op sy spoor was.

Hy het glo alles by sy woning op die kleinhoewe net so gelos en ‘n ander skuilplek gevind.

‘n Kamerastelsel wat deur privaat maatskappye gebruik word, het egter Vrydag, 12 Januarie sy voertuig op die R42 bespeur en die polisie in kennis gestel.

Moller was glo op sy foon besig toe hy afgetrek is.

Hy was volgens inligting wat ontvang is rustig en het hom nie verset nie. Hy is deur die polisielede gearresteer en geboei.

Die saak waarop hy gearresteer is, is deur die Carletonville Speurdiens ondersoek.

Hy het egter kort daarna met geweld losgeruk en doelbewus voor die wiele van ‘n aankomende swaarvoertuig ingespring. Die voorval is op videokamera vasgevang.

Hy is op die toneel dood verklaar.

Die gebeure tydens Moller se arrestasie is op kamera (dash cam) vasgevang.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button