Local newsNews

Sesjarige meisie in erf in Carletonville verkrag

‘n Jong meisie van Carletonville is die afgelope naweek op dieselfde dag verkrag as waarop die regering se jaarlikse 16 Dae van Aktivisme teen Geweld teen Vroue en Kinders begin het

Die dogtertjie se ma het Saterdag 25 November onraad vermoed toe sy eers iets ongewoon geruik en toe ‘n ongewone uitskeiding in haar dogtertjie se onderklere gesien het.

Die ma het haar kind, wat reeds aan die slaap was, gaan wakker maak en die dogtertjie verder uitgevra.

Die kind het toe vertel hoe sy saam met ‘n groep seuns, wie se ouderdomme van tien tot 16 jaar wissel, in ‘n ou voertuig in hul erf in Carletonville gespeel het. Van die seuns het toe haar klere uitgetrek en haar verkrag.

Die ma het hierop die kind na die polisie en later na Carletonville Hospitaal geneem.

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button