Local newsNews

Huisrowers slaan in Flintstraat toe

Die deel van Flintstraat naaste aan Agnewrylaan in Carletonville was dié week weer die toneel van ‘n geweldsmisdaad toe huisrowers daar toegeslaan het.

Inwoners van ‘n huis in Flintstraat het Vrydag omstreeks 00:30 wakker geskrik van twee onbekende mans in hul huis. Die gemaskerde booswigte het een van die inwoners aangerand waarna hulle almal vasgebind is.

Die rowers het toe selfone, ‘n televisiestel, PlayStation en klere geroof voor hulle van die toneel weggehardloop het.

Verlede week is twee mans geskiet toe hulle in dieselfde area in hul motor in die straat gesit het.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button