Local newsNews

Huisrowers slaan in Blyvoor toe

‘n Man in Blyvooruitzicht het gister (Sondag 12 November) benoude oomblikke beleef toe huisrowers hom in sy kamer vasgekeer het.

Die man, wat in Kloofstraat woon, was in sy kamer toe hy hoor hoe ‘n groep mans die huis binnekom. Hulle het dadelik sy deur probeer oopmaak, maar dit was gelukkig vir hom gesluit.

Toe die mans nie die deur kon oopkry nie, het hulle egter twee skote op die slot afgevuur.

Hoewel hulle die man se televisiestel wou hê, het hy sy selfoon vir hulle onderdeur sy deur gestoot om hulle weg te kry.

Die rowers het toe gelukkig padgegee.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button