Local newsNews

Man se liggaam in Carletonville gevind

Die polisie is op soek na inligting na die liggaam van 'n onbekende blanke man hierdie week in Carletonville gevind is.

Die man se erg ontbinde liggaam is Dinsdagaand (7 November) omstreeks 19:10 in Kleimstraat die nuwe industriële gebied gevind.

Die veld waar die man se liggaam ontdek is, is reg oorkant die Staatslykshuis.

Sover vasgestel kan word, is die man gereëld voor sy dood in die omgewing gesien.

Die oorledene het ligbruin of blonde hare gehad en het ‘n blou kortbroek aangehad. ‘n Grys baadjie met ‘n kappie het langs hom in die veld gelê.

Enige iemand wat dink hulle weet wie die man is, moet sersant Wynand Kruger by 065 968 9630 skakel.

You can read the full story on our App. Download it here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button