Local newsNews

Rowers teiken kettingwinkel wéér

Rowers het weer die afgelope week op ‘n bekende kettingwinkel in Flintstraat in Carletonville toegeslaan.

Personeel by Markhams was Vrydagoggend 3 November besig om kliënte te help toe vier mans skielik instap en vuurwapens uitpluk.

Die mans het saam met ‘n vrou wat reeds in die winkel was en haar as ‘n kliënt voorgedoen het, voortgegaan om personeel en ander kliënte na die agterkant van die winkel te dwing.

Die rowers het toe verskeie selfone, geld en klere gegryp voor hulle weggehardloop het.

Dit is nie seker in waste voertuig hulle van die toneel gevlug het nie.

Dieselfde winkel het reeds vantevore onder rowers deurgeloop.

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button