Local newsNews

Nuwe onderburgermeester gaan Merafong ‘byna ‘n miljoen’ kos

Lede van die DA en VF Plus het vandag uit die raadsaal geloop toe die ANC voortgegaan het om mnr. Mogomutsi Sello as onderburgemeester te verkies.

Sello, ‘n ANC-raadslid, was tot nou toe die burgemeesterskomiteelid vir korporatiewe en gedeelde dienste. Hy was ook die waarnemende burgemeester in die tyd na Maphefo Mogale-Letsie uit die kussings gelig was tot met die 2021 munispale verkiesing gewees.

Die VF Plus-raadslid mnr. Ben van den Berg het vanmiddag na die verkiesing gesê dat die pasaangestelde onderburgemeester van die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) inwoners byna R1 miljoen per jaar uit die sak gaan jaag.

Die VF Plus en DA het reeds op die raadsvergadering van 27 September, waartydens die onderburgemeesterspos bespreek en goedgekeur is, hul teenstand hierteen uitgespreek.

“Die ANC-beheerde munisipaliteit het net eenvoudig nie die finansies om bykans R1 miljoen per jaar af te staan aan ʼn salaris vir ʼn onderburgemeester nie. Die munisipaliteit is tegnies bankrot en lewer minimale dienste aan sy inwoners,” sê Van den Berg.

“Inwoners kla daagliks op sosiale media oor kragonderbrekings wat dae duur, min of geen vullisverwydering, watertekorte, slaggate, die sakegebied wat besaai is met vullis en meer. Die salaris van die onderburgemeester kan eerder aangewend word om dienslewering te verbeter.

Hierdie is ʼn tipiese voorbeeld van die ANC wat poste vir sy kaders skep ten koste van getroue belastingbetalers. Net omdat die Munisipale Strukturewet voorsiening maak vir die pos van ʼn onderburgemeester beteken nie dat Merafong een moet aanstel nie.”

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button