News

Ferdies se nuwe hoof wil sigbare verskil maak

Mnr. Morné Smit (42) is amptelik op Maandag, 30 Oktober aan die personeel en leerders as die nuwe hoof van Ferdies voorgestel.

Daar is ‘n vars nuwe bries by Hoërskool Ferdinand Postma met die aanstelling van hul nuwe permanente hoof, mnr. Morné Smit.

Smit (42) is amptelik op Maandag, 30 Oktober aan die personeel en leerders voorgestel met mnr. Michael Mogaki (kringbestuurder) wat die Departement van Onderwys verteenwoordig het.

Smit sal nou die leisels by Ferdies van mnr. Antoon “Lappies” Labuschagne, oorneem, wat vanaf 2000-2022 die skool as hoof by Ferdies was. Intussen het die mev. Anette Stander, as waarnemende hoof opgetree totdat Smit aangestel is.

Foto’s: Wouter Pienaar

Smit is ‘n gesoute wiskunde onderwyser met amper 20 jaar se ervaring in die onderwys. Hy het ook al talle pryse vir uitnemendheid in die onderwys op nasionale vlak verower en het die afgelope paar jaar as  akademiese adjunkhoof by Hoër Volkskool Potchefstroom ook sy vaardigheid en leierskap bewys. Hy was vir 10 jaar by hierdie skool betrokke, waar hy ook die koshuisvader van Jack Pauw Seunskoshuis was.

Nou begin ‘n nuwe opwindende hoofstuk vir die positiewe en pragmatiese onderwyser wat ‘n groot passie het om kinders se potensiaal na nuwe hoogtes te bring.

“Ek wil graag ‘n hoof wees. Op die einde van die dag moet ‘n mens ‘n skool kry wat raakpunte by jou as mens het. Ferdies is daar vir die ontwikkeling en vooruitgang van kinders. Akademie is ‘n groot passie by my en Ferdies is sinoniem met akademie. Ek het nog altyd goeie dinge van Ferdies gehoor,” vertel Smit.

Smit het ‘n hart vir die onderwys en hy is opgewonde om sy horisonne te verbreed en ‘n sigbare verskil te maak.

Enter to Learn. Exit to Serve. Dit is ‘n mooi stelling wat ek baie meer sigbaar wil sien gebeur. Die goeie verskil wat ons by Ferdies maak wil ek hê moet buite die hekke van die skool sigbaar wees. ‘n Goeie voorbeeld is die SETH-program by Ferdies. Dit is belangrik dat die wereld daar buite weet hoekom Ferdies daar betrokke is en hoe dit die leerders positief beinvloed en hoe hul dit toepas.”

“Hoe langer ek by die skool is hoe meer sal ek weet waar ek kan verbeter en hoe ek verder saam met die skool kan beplan,” sê Smit.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button