Local newsNews

Man wat in Wandellaan brand dood is geïdentifiseer

Die persoon wat Woensdag, 27 September in die brand in die Wandellaan dood is, is onlangs geïdentifiseer.

Die persoon wat Woensdag, 27 September in die brand in die Wandellaan in Potchefstroom dood is, is onlangs geïdentifiseer. Die persoon is as Idi Omar, ‘n buitelandse burger van Malawi geïdentifiseer.

Polisie het ‘n dag na die brand, Donderdag, 28 September op die lyk afgekom, maar kon nie dadelik die persoon se identiteit bepaal nie.

Volgens NW polisiewoordvoerder, kol. Adele Myburgh, kon die identiteit van Omar eers na DNS-toetsing bepaal word.

“Die liggaam is met behulp van DNS as mnr. Idi Omar (40) van Malawi geïdentifiseer,” het Myburgh bevestig.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button