Local newsNews

Valie ernstig beseer in die VSA

'n Donkerkop met 'n lus vir die lewe. Dit is hoe Anneli Mocke (28) oud-Valia leerling beskryf kan word. Maar 'n fratsongeluk het haar lewe in 'n oogwink verander.

Anneli Mocke het twee jaar gelede haar sakke gepak en ‘n nuwe avontuur as au-pair in Cincinnati, Ohio in Amerika begin.

Sy het sommer vinnig ingepas by die gesin waar sy geplaas is. Sy en die kinders (‘n tweeling dogtertjies van 7 jaar, en ‘n seun van 12 jaar) het gereeld aan avontuurlustige aktiwiteite deelgeneem. Alles van staptogte, roei-ekspedisies en rotsklim.

Anneli is ‘n aktiewe jongmens wat van avonture hou.
Haar lewe het egter in ‘n oogwink verander toe sy op 17 Julie tydens ‘n rotsklim geleentheid ernstig beseer is.

Anneli wat reeds ‘n ervare rotsklimmer is, het die keer sowat 12,20 m geval toe die tou gebreek het.

“Die feit dat ek op my voete geland het, het volgens die dokters my lewe gered,” vertel Anneli uit Amerika.

Sy het egter ernstige beserings opgedoen. Albei haar enkels is gebreek, so ook die L1 werwel in haar lae rug, coccyx, sternum, elmboog en gewrig.

“Daar is dadelik met my hospitaal toe gejaag. Daar moes so vinnig moontlik geopereer word om my rugwerwel te red sodat ek weer sou kon loop. Ek is baie dankbaar daarvoor,” vertel Anneli.

Wat dit nog erger maak is dat dié ongeluk ‘n maand voor sy sou terugkeer Suid-Afrika toe gebeur het.

Anneli kort na die val in die hospitaal.
Haar ouers, Deon en Madelaine Mocke van Vanderbijlpark, het ook ‘n stresvolle tyd agter die rug. Hulle was omstreeks middernag deur hul seun Gideon (36) wat ook in Amerika is, maar in Denver Collorado, oor Anneli se beserings ingelig.

“Ons het so groot geskrik en kon vir meer as ‘n week nie self met Anneli praat nie. Gelukkig het haar au-pair ouers, wat toevallig albei dokters is in die hospitaal waar Anneli opgeneem is, ons op hoogte gehou.

“Ons is net bly ons kind lewe en as alles goed gaan kom sy in Oktober huis toe,” sê Madelaine.

Tot dan ondergaan Anneli intense rehabilitasie in Amerika en sal verdere rehabilitasie moet ondergaan wanneer sy weer terug is in SA.

Dit alles het egter tot gevolg dat Anneli vir ‘n lang tyd nie sal kan werk nie. Sy kan nie vir lang ure regop sit in ‘n stoel nie en kan ook nie sonder hulp staan of loop nie.

Intussen is haar versekering in Amerika uitgeput. Mediese kostes net vir haar operasies en die twee dae wat sy in die intensiewe sorgeenheid was, beloop sowat $700 000 (sowat R13 441, 362.90).

Lees die volledige berig op die webwerf van die Herald se susterkoerant Vaalweekblad hier:

Valie ernstig beseer in die VSA

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button