Local newsNews

Huisrowers slaan in Dolomitestraat toe

Verskeie ernstige misdade het oor die langnaweek in Carletonville plaasgevind.

In een van die voorvalle het ‘n inwoner van Dolomitestraat gisteroggend (Sondag 24 September) omstreeks 09:30 stemme in sy huis gehoor.
Hy het in die gang ingestap en in ‘n onbekende gewapende man vasgeloop. Die man het sy vuurwapen op die inwoner gerig.
Die inwoner het egter vinnig gedink, omgedraai en in sy kamer ingehardloop. Hy het gemaak of hy die polisie bel en skielik ‘n voertuig uit sy erf hoor trek.
Die man het vining gaan kyk en gesien dit is ‘n swart Volkswagen Polo met twee mans in. Hy het by verdere ondersoek gesien dat hulle sy klanksisteem gesteel het.
Die rowers het by die huis se agterdeur, wat nie voor van die voorval gesluit was nie, ingekom.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button