News

Anton wil bittergraag weer loop… maar ‘n kunsbeen is buite bereik

Die waglys vir 'n kunsbeen en rehabilitasie by staatsinstellings is tussen 4 en 6 jaar

Op die ouderdom van 63 is dit nie aldag maklik vir mense om aktief te wees, rond te loop en gesond te bly nie, maar vir Anton Moller van Vanderbijlpark is die uitdaging soveel groter: Hy het sy een been weens ‘n amputasie verloor en moet nou eers ‘n kunsbeen en rehabilitasie ontvang voordat hy weer sal kan loop.
Volgens sy vrou, Wanita, het Anton bloedklote in albei bene gehad en lewensgevaarlike sepsis opgedoen. Sy regterbeen was veral erg geaffekteer en moes geamputeer word om sy lewe te red.

Anton begeer dit om weer normaal te kan loop, maar daarvoor het hy ‘n kunsbeen, rehabilitasie en verstellings nodig. Ongelukkig kan hy en Wanita dit nie bekostig nie. Hulle bly op die oomblik agter by hul skoonsuster en weens hul omstandighede kan hulle net nie die nodige geld bymekaar kry om dit privaat te bekostig nie. Anton ontvang tans net ‘n Sassa-pensioen en die waglys by staatsinstansies is tussen 4 en 6 jaar.
“Ons vra asseblief dat die gemeenskap hulle harte vir ons sal oopmaak en help betaal vir ‘n been vir Anton, en ook vir die verstellings en rehabilitasie om hom weer te leer loop sodat hy moontlik weer kan werk,” sê Wanita.
Enigiemand wat die egpaar geldelik wil bystaan, kan ‘n inbetaling maak aan A.K. Moller, Capitec-rekening: 1941671398 (spaarrekening).

Mnr. Anton Moller (63) van Vanderbijlpark, wat bitter graag weer wil leer loop nadat sy regterbeen geamputeer is.

Lees die oorspronklike berig op die webwerf van ons susterkoerant Vaalweekblad hier:
https://vaalweekblad.com/171469/anton-wil-bitter-graag-weer-loop-maar-n-kunsbeen-is-buite-bereik/?fbclid=IwAR0kOZNb3Kd7uQ6oZsN_LahGCnMdxvLzp0M6vm6IE-n6p1rxHcddptJKDN0

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button