Local newsNews

Spesiale Lentekonsert vir ‘n goeie doel

‘n Besondere Lentekonsert word Sondagmiddag in die NG Kerk Oberholzer ten baie van Rotalia en Elmahof gehou.

Die vertoning, wat deur Franci Oosthuizen en Bernard Fischer gereël word, beloof om ‘n musiekuitvoering van hoogstaande gehalte te wees. Die Oosrandse Jeug Simfonieorkes onder leiding van die befaamde dirigent Pienaar Fourie, Deo Gloria-, Sasolburg- en Oberholzerkore tree saam met die orkes op.

“Ons is meer as bewus van die moeilike finansiële tye wat almal tans beleef. Juis daarom loods ons hierdie fondsinsameling ten bate van bogenoemde instansies. Staatsubsidies word al minder en die instansies is al meer vir hul eie befondsing verantwoordelik. Ons beoog om die wins van die kaartjieverkope aan Elmahof en Rotalia te skenk,” sê Oosthuizen.

Indien u ‘n kontantbedrag wil skenk moet u dit in die volgende rekening elektronies oorplaas: F J Oosthuizen, Standardbank 10079861847, universele Standardbankkode. Verskaf asseblief u selfoonnommer en of eposadres sodat ons ‘n bewys van ontvangs kan stuur.

Mense wat meer oor die konsert wil weet, kan Oosthuizen by 071 629 1135 of Bernard Fischer by 083 656 9465 skakel.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button