News

Parys takel slaggate ten spyte van krag- en watertekorte

Dis lekker om te sien dat baie inwoners van Parys hulle nie laat onderkry deur al die ellende wat daar is nie. Raak betrokke by die #OnsDorp-projek.

Die AfriForum-tak in Parys het die afgelope naweek, ten spyte van krag- en watertekorte, hand aan die ploeg geslaan en probeer om van dié dorp ’n nóg mooier dorp te maak.

Die tak het Mooi Parys, ’n organisasie sonder winsbejag, met hul skoonmaakprojek ondersteun en onder meer gehelp om vullis op te tel.

Verder het die Parys-tak op Saterdag, 9 September sowat 30 groot slaggate met 50 sakkies teer gevul.

Die gedeelte wat gevul is, is die pad vanaf die Welkom-kafee tot by die vraghouers – spesiaal vir die padwedloop wat eersdaags plaasvind.

“Dit is lekker om saam met gewillige mense, wat graag ’n verskil in Parys wil maak, te werk. As elke inwoner in Parys, te midde van al die probleme wat ons het, net ’n positiewe ingesteldheid sal hê en iets positief doen om die dorp te verbeter, verander ons hierdie dorp weer in ’n pragdorp,” sê Schalk Burger, die AfriForum-takvoorsitter in Parys.

“Ek verseker die inwoners dat AfriForum alles in ons vermoë doen om die probleme te takel. Intussen is dit lekker om iets positief te doen en te voel dat jy ’n bydrae gelewer het om van Parys ’n beter plek te maak,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by projekte soos dié betrokke te raak. Kontak vir Burger by 082 653 4281 om betrokke te raak.

Van links is: Gideon Reyneke, Schalk Burger, Theo Dunn, Paul Noome en Gawie Hugo.
Daar is hard gewerk as deel van die #OnsDorp-projek.

https://vaalweekblad.com/171273/parys-takel-slaggate-ten-spyte-van-krag-en-watertekorte/?fbclid=IwAR36XhNtUuZlMQPEHgqKAEYy0ubDM6eMU4rPVw65Lh0D1AbgHXUliOP3o-I

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button