Local newsNews

Huisrowers slaan vroeg in Carletonville toe

Huisrowers het gister (Maandag 11 September) vroegoggend op twee huise in Carletonville toegeslaan.

In een van die voorvalle het ‘n inwoner van Annanweg omstreeks 03:00 van ‘n geraas in sy erf wakker geword. Hy het uitgegaan om te kyk wat aangaan toe hy drie onbekende mans sien wat spook om ‘n kluis oop te kry.

Ongelukkig het die mans die inwoner ook gesien, op hom afgestorm en hom gegryp.

Die boewe het hom in sy kamer ingedwing en sy kluis se sluitel geëis. Hulle het toe die geld in die kluis gegryp en weggehardloop.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button