Local newsNews

Bekende ‘taxi-tannie’ van Vanderbijlpark oorlede

Die tannie was 'n bekende in ons buurdorp en van ons inwoners het ook dalk al deur die jare van haar dienste gebruik gemaak.

Talle inwones van Vanderbijlpark het die afgelope byna 20 jaar van mev. Frikkie du Toit, ‘n taxi-bestuurder by Park Taxis, se dienste gebruik gemaak en deur die jare groot vriende geword.
Haar dogter, Cindy van Staden, het pas die slegte nuus aan Vaalweekblad oorgedra dat mev. Du Toit Woensdagoggend gesterf het.
Die begrafnisdiens sal Donderdag, 7 September, om 10:00 by die Derdekruis Gemeente op die hoek van Piet Retief-boulevard en Prinsloostraat gehou word.
Almal wat haar geken het is welkom om hul laaste eer te kom betoon.
“Sy het vir 18 jaar vir Park Taxis gewerk. Deur die jare het sy so baie mense leer ken en so baie mense het haar ondersteun. Baie dankie aan almal,” sê Cindy.

Bekende ‘taxi-tannie’ van Vanderbijlpark oorlede

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button