Local newsNews

Riool begin begraafplaas oorstroom

Die ou Fochville begraafplaas is in ‘n skokkende toestand.

‘n Inwoner wie se geliefdes in dié begraafplaas begrawe is, mnr. Neels Naude, het die afgelope naweek sy onsteltenis op sosiale media gedeel.

“Mens kan glad nie daar loop nie. Die hele begraafplaas is toe onder rioolwater. Jy moet op die grafte loop om by ń ander graf te kom. Dit mag nie toegelaat word word nie,” het hy gekla.

Die Herald het ook gister na die toestand van die begraafplaas gaan kyk. Soveel riool loop in die pad langs die begraafplaas af en daar is al soveel rommel langs die pad afgelaai dat ‘n mens nie met ‘n voertuig tot by die begraafplaas se ingang kan kom nie. Indien jy soontoe wil loop, moet jy baie versigtig wees om nie in al die riool te trap nie.

Indien jy egter oor die rommel klim en die riool mistrap is dit duidelik dat die riool tot in die begraafplaas stroom.

Die Herald het vandag die munisipaliteit oor die probleme uitgevra, maar tot nou toe nog geen antwoorde gekry nie.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button