Local newsNews

Merafong se onveilige kabel tuimel om

‘n Elektriese kabel wat die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit sommer deur ‘n boom en ‘n stukkende straatlig in Fochville gespan het, het vanoggend (Vrydag 25 Augustus) omgetuimel na die munisipaliteit gereken het dat dit veilig is.

Bekommerde inwoners kla al sedert Mei oor die kabel, wat aan ‘n kragboks op die sypaadjie voor Suikersbosstraat 18 gekoppel is. Van hier het dit oor die sypaadjie tot in ‘n boom en van hier af oor die Mimosalaan tot oor ‘n stukkende lamppaal getrek.

Die kabel het vanoggend tot in die straat getuimel na die paal van die stukkende straatlig meegegee het. Die sterk wind het vermoedelik tot die probleem aanleiding gegee en die deel van Mimosalaan waar die kabel geval het, is vir verkeer gesluit.

Die Herald het juis weer Dinsdag die munisipaliteit oor dié kabel sowel as ‘n bykans identiese geval voor Garsstraat 19 ingestel.

Inwoners wat veral bekommerd omdat die kabels lag oor die straat hang end it aan ‘n vragmotor kan vashaak.

Volgens Merafong se waarnemende kommuniskasiebestuurder, me. Nomonde Mahube, is die kabels nagegaan en bevind dat dit hoog genoeg is vir voertuie om onder dit deur te ry. Sy het egter wel gesêdat dit verwyder sou word en ondergrondse kabels aangelê sal word.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button