Local newsNews

Inwoners geskok na moord op ma van ses

"Ons is baie bekommerd oor ons eie veiligheid. Die moordenaar loop steeds los tussen ons rond," sê 'n inwoner van die gebied.

Dit is nie net in ons omgewing waar ernstige misdaad toeneem nie.

Inwoners van ons buurdorp Vanderbijlpark se CW-woongebiede is erg geskok na die bloedige moord op me. Beaula Ellis (39) verlede Dinsdagaand, 25 Julie.
Beaula was die aand te voet van haar werk af op pad na haar woonstel in NW7 toe sy in Curie-boulevard, in die omgewing van Sand & Stone, wreed aangerand en in ‘n sloot agtergelaat is.
‘n Werknemer van die onderneming het haar die volgende oggend dood daar aangetref. Niemand is nog in verband met haar dood gearresteer nie en die motief vir die moord is nog onbekend.
“Vir ons as inwoners is dit verskriklik. Ons is baie jammer vir Beaula en haar gesin. Ons is baie geskok dat sy onder ons neuse vermoor is, en is ook baie bekommerd oor ons eie veiligheid. Die moordenaar loop steeds tussen ons rond,” het ‘n inwoner van die gebied vanoggend aan Vaalweekblad gesê.
Beaula was die ma van ses kinders. Sy sou Maandag, 31 Julie, 40 jaar geword het.
“Sy was ‘n saggeaarde, vriendelike mens wat altyd ‘n goeie woordjie vir ander gehad het. Sy het vir haar kinders gelewe,” sê haar pa, mnr. Patrick Ellis, ook van Vanderbijlpark.
Die Ellis-familie gaan tans deur ‘n baie moeilike tyd en geld is skraps. Hulle probeer nou geld insamel om vir Beaula se begrafnis of verassing te betaal. Die koste beloop ongeveer R12 500, wat die gesin nie het nie. Enige donasies sal opreg waardeer word.
Dit kan direk by die begranisondernemer inbetaal word by Absa, Rekeninghouer: Berthom Begrafnis Dienste, Tjek-rekeningnommer: 410 657 9814. Verwysing: Ellis

Beaula se kinders het ook ‘n groot behoefte aan klere vir die gedenkdiens. Mense wat bruikbare klere het vir kinders in die ouderdomsgroepe: 21, 17, 15, 13, 9 en 4 jaar, kan Retha van Vaalweekblad whatsapp by 083 246 0523. Ons sal dan toesien dat dit by die gesin uitkom.
* ‘n Volledige berig oor die moord op Beaula sal in Vrydag, 4 Augustus se Vaalweekblad verskyn. 

Inwoners geskok na moord op ma van ses

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button