Local newsNews

Ma en kleuter sterf na ongeluk

‘n Ma en haar seuntjie is die afgelope naweek oorlede na hulle in ‘n ongeluk op die N12 in die Fochville-omgewing betrokke was.

Die Volkswagen waarin hulle gery het, was Sondag omstreeks 09:00  naby Worskoning in ‘n kop-aan-kop botsing met ‘n Mercedes-Benz betrokke.

Die ma moes deur die brandweer uit hul voertuig se wrak bevry word, waarna sy en haar kind na hospitale in ons omgewing geneem is.

Albei het egter later die dag aan hul beserings beswyk.

Related Articles

Back to top button