Local newsNews

Vragmotor slaan aan die brand naby R59-blokhuis

Motoriste moet vanoggend versigtig op die R59 naby Meyerton wees.

MEYERTON. – Motoriste is Woensdagoggend gewaarsku om waaksaam te wees.

Die brandweer het glo die oproep net voor 05:00 vanoggend ontvang.

Blykbaar het die brand weens meganiese probleme ontstaan.

Dit hou dus nie verband met die vlaag aanvalle op vragmotors, soos aanvanklik berig is nie.

Die brand volg na minstens 15 voorvalle waartydens vragmotors in KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo aan die brand gesteek is.

Brandbestryders van die Midvaal-brandweer blus die vlamme. Foto: Verskaf

Rook en vlamme by ‘n vragmotor wat langs die R59 aan die brand geslaan het. Foto: Verskaf

Die vragmotor is in die brand verwoes. Foto: Verskaf

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button