Local newsNews

Vragmotor slaan aan die brand naby R59-blokhuis

Motoriste moet vanoggend versigtig op die R59 naby Meyerton wees.

MEYERTON. – Motoriste is Woensdagoggend gewaarsku om waaksaam te wees.

Die brandweer het glo die oproep net voor 05:00 vanoggend ontvang.

Blykbaar het die brand weens meganiese probleme ontstaan.

Dit hou dus nie verband met die vlaag aanvalle op vragmotors, soos aanvanklik berig is nie.

Die brand volg na minstens 15 voorvalle waartydens vragmotors in KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo aan die brand gesteek is.

Brandbestryders van die Midvaal-brandweer blus die vlamme. Foto: Verskaf

Rook en vlamme by ‘n vragmotor wat langs die R59 aan die brand geslaan het. Foto: Verskaf

Die vragmotor is in die brand verwoes. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button