Local newsNews

Gauteng-regering sleep voete met regmaak van R500-pad

Daar is ʼn toenemende behoefte aan die herstel van paaie in Gauteng en om slegs slaggate op te vul, is nie volhoubaar nie. Dié departement se begroting moes eerder verdubbel het.

Amanda de Lange, VF Plus-LPW: Gauteng het dit onlangs duidelik gemaak dat die VF Plus nie sal toelaat dat die Gautengse departement van paaie en vervoer voete sleep met die herstel van gevaarlike paaie in die provinsie nie.

Sy het daarop gewys dat die vervalle toestand van Gauteng se paaie net toegeskryf kan word aan die ANC-regering se verwaarlosing van die provinsie se padvervoerstelsel.

Een van dié paaie is die R500 wat dien as hoofroete tussen Carletonville met groot mynbedrywighede, Johannesburg, Randfontein en Krugersdorp.

Padwerke op die R500 is weer voortgesit.

Kontrakteurs het dié pad se oppervlak as ‘vrot’ beskryf en dit was so onbegaanbaar dat motoriste in die veld langs die pad moes ry.

Druk van die VF Plus het daartoe gelei dat herstelwerk aan die R500 tussen Carletonville en die R24 onlangs hervat is nadat dié projek aanvanklik in Maart gestaak is.

Die departement het besluit om slegs 3km van die pad se oppervlak te herseël en net die slaggate op die res van die pad op te vul.

Die VF Plus sou verkies dat die hele 15km van die erg beskadigde pad se oppervlak vervang word.

Die party het die Gautengse regering gewaarsku dat sy afwaartse aanpassing van die departement se begroting ondeurdag is.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button