Local newsNews

Brand los gesin met niks behalwe die klere aan hul lywe

Verwoestende vlamme het Saterdagaand, 10 Junie vir Rouxan en Christi Cloete se huis verswelg en hul besittings in puin gelaat.

Verwoestende vlamme het Saterdagaand, 10 Junie, Rouxan en Christi Cloete se huis op ‘n kleinhoewe in Thabo Mbekistraat langs Oudrift verswelg en hulle met massiewe skade gelos.

Die brand het ongeveer 22:30 uitgebreek.

Rouxan en Christi Cloete saam met hul kinders, Esli, Stiaan en Lika. Hul huis het gister (Saterdag, 10 Junie) afgebrand en hul met massiewe skade gelos. Foto: Facebook.

Die Cloete-gesin, hul drie kinders, Esli, Stiaan en Lika, sowel as hul honde is fisies ongedeerd en kon uit die huis kom voor die vlamme alles omring het.

“Almal is erg geskok en emosioneel soos wat die realiteit vanoggend inskop. Die vuur het in ons slaapkamer begin,” vertel Christi.

Dit is nog onseker presies hoe die brand ontstaan het.

Hier is foto’s van die brand: (Foto’s: Verskaf)

Sy noem dat alles weg is en dat hul nie weet waar om te begin nie.

“Ons het niks oor behalwe die klere aan ons lywe nie,” sê Christi.

Die gemeenskap en Christi se werkgewers by die NWU het alreeds vanoggend saamgespan om kos, klere en ander benodighede vir die Cloete’s te organiseer.

Daar is ook ‘n WhatsApp-groep begin waar die gemeenskap hande bymekaar sit om die gesin te help.

Die gemeenskap kan ook ‘n finansiële bydra lewer na die volgende rekening:

C. Cloete

Absa

Tjekrekening

Rekeningnommer: 4078983593

Takkode: 632005

 

https://potchefstroomherald.co.za/127567/brand-los-gesin-met-niks-behalwe-die-klere-aan-hul-lywe/?fbclid=IwAR1gVNSRkz38S5Vt6yWoMKo8_HFLHZHVs6ykUasMkqcECPuUmq1jdvRTJ6k

Related Articles

Back to top button