Local newsNews

Fochville polisielede sterf in ongeluk

Drie lede van die polisie in Fochville is gistermiddag (6 Junie) in ‘n ongeluk op die N12 tussen Potchefstroom en Fochville dood.

Volgens die woordvoerder van die polisie in Noordwes, Kolonel Adele Myburgh, het die ongeluk om 16:30 sowat 10 km buite Potchefstroom plaasgevind.

Die lede het in ‘n gemerkte dubbelkajuit polisiebakkie gery toe die bestuurder op die skerp draai na regs net na die treinbrug voor Lekwena Lodge beheer oor die voertuig verloor het. Die bakkie het gerol en in die veld tot stilstand gekom.

Drie polisielede, ‘n vrou en twee mans, is dood terwyl nóg ‘n manlike lid hospital toe geneem is.

Myburgh sê die name van die oorledenes kan nog nie bekend gemaak word nie omdat hul naasbestaandes nog nie in kennis gestel is nie. Die polisie ondersoek sake van strafbare manslag.

“Namens die polisie se bestuur wil ons ons diepste meegevoel teenoor die familie van die oorledenes en die kollegas wat saam met hulle gewerk het, oordra,” se Myburgh.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button