Local newsNews

Video: Pad na die Carletonville begraafplaas lyk al erger

Inwoners wie se geliefdes in die Carletonville begraafplaas begrawe is, kla al vir 'n geruime tyd dat die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit iets aan die toestand van die pad moet doen.

Die pad lyk egter al hoe erger, met selfs die eerste deel wat ook nou onbegaanbaar raak. Daar is ook ‘n gevaarlike gat wat, indien niemand iets daaraan doen nie, moontlik tot ‘n sinkgat kan lei.

Om dinge erger te maak, het die feit dat die munisipaliteit die afgelope weke weer dikwels laat vullis by huise verwyder het, daartoe gelei dat verskeie morsjorse ook weer hul gemors langs die pad stort.

Kyk hier hoe die pad nou lyk:

Related Articles

Back to top button