Local newsNews

“Dit is ons kabel,” sê Merafong

Die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit het erken dat ‘n lewendige elektriese kabel wat aan ‘n boom en straatligte in Fochville hang, inderwaarheid hul eie installasie is.

‘n Besorgde inwoner van Fochville het die Herald van die kabel bewus gemaak. Dit kom uit ‘n elektriese kas op die sypaadjie voor Suikerbosstraat 18 en lê oor dié huis se oprit.

Van hier af lei dit deur ‘n boom se takke en dan oor die pale van twee straatligte. Een van dié straatligte is duidelik stukkend.

Die inwoner is besorg oor die kabel omdat dit soos ‘n onwettige aansluiting lyk.

Die munisipaliteit het egter Dinsdag erken dat hulle die kabel tydelik op dié plek installeer het.

“Die kabel is veilig omdat ons die werk gedoen het,” sê die munisipale woordvoerder.

Dit is nie seker hoe lank dit al daar is en wanneer die munisipaliteit dit eendag gaan verwyder nie.

Dit hang verder oor die pale van straatligte in Mimosalaan.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button