Local newsNews

Munisipaliteit het planne vir Fochville se vullis-gemors

Die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit is uitendelik nader daaraan om ‘n oplossing vir die probleme by die Fochville vullisterrein te kry.

Volgens die munisipaliteit gaan hulle begin om die rommel wat langs die pad na die terrein gegooi is, op te ruim.

Hulle het ook ‘n spesiale vragmotor gekoop wat die houers waarin die rommel wat op die terrein gegooi word, kan oplaai. Dié vragmotor moet egter gesertifiseer word om wel die grootte houers wat gebruik word, op te kan laai. Indien dit nie werk nie, sal nuwe houers aangekoop moet word.

Die munisipaliteit sê hulle sal reeds teen die einde van Junie besluit hê wat hulle wil doen en hierna begin om skoon te maak.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button