NewsNews

Mans geskiet na hul bakkie onklaar raak

Twee mans is die afgelope week in die Carletonville-omgewing aangeval ná hul bakkie langs die pad onklaar geraal het.

Die polisie in Carletonville sê dié voorval het op 2 Desember op die Leeupoort-pad naby Oos-Driefontein plaasgevind.

Die mans het omstreeks 22:00 in hul bakkie op hul gewag toe die twee gewapende booswigte hulle oorval het.

Die aanvallers het eers hul selfone geëis en toe op die mans losgebrand.

Een van die mans (57) is in die bors en arm geskiet en het ongelukkig later aan sy beserings beswyk. Die ander man (50) is in die maag geskiet en is later hospital toe geneem.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button