NewsNews

Brand in Goudstraat: jong vrou in woonstel gevind

'n Brand het vanoggend (5 Augustus) omstreeks 04:30 by 'n woonstel in Goudstraat in Potchefstroom onstaan.

‘n Brand het vanoggend (5 Augustus)  omstreeks 04:30 by ‘n woonstel in Goudstraat onstaan.

Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, is hulle na die toneel deur bystanders ontbied waarna hulle die brandweer gekontak het.

Met aankoms is ‘n jong vrou binne in die woonstel aangetref. Die brandweer kon die vrou red en die brand onder bedwang bring. Sy het geen ernstige beserings opgedoen nie.

Die polisie was ook op die toneel om verdere ondersoek in te stel.

Lees hier die oorspronklike berig op die webwerf van die Herald se susterkoerant Potchefstroom Herald:

Brand in Goudstraat: jong vrou in woonstel gevind | Potchefstroom Herald

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button