News

Fochies Goue Leeus wenners is steeds onoorwonne

Hoërskool Fochville se eerste rugbyspan het die afgelope naweek weer hul staal gewys.

Die span het Saterdag, 30 Julie met Hoërskool Delmas in die Noord-Vaal uitspele kragte gemeet. Na ‘n baie harde wedstryd tree Hoërskool Fochville as wenners uit die stryd. Die eindtelling was 31 – 22.
Met dié oorwinning dring Hoërskool Fochville nou na die kwart finale van hierdie gesogte Noord-Vaal kompetisie deur.
Hulle gaan Saterdag, 6 Augustus met Hoërskool Vryburg vir ‘n plek in die Noord-Vaal semi-finaal meeding.
Die wedstryd gaan weer op Fochies se tuisvelde gespeel word. Die skool doen ook weer ‘n beroep op die gemeenskap van Fochville om die span te kom ondersteun, en bedank die gemeenskap vir hul getroue ondersteuning tot nou toe.
“Sterkte aan elke seun en ons twee afrigters met die week se voorbereiding,” sê die skool se woordvoerder, mev. Elsabe de Mesquita.

Related Articles

Back to top button