NewsNews

Klein hartpasiënt, Mialinke (5) speel al “gholf”

Dit gaan goed met Mialinke.

Mialinke Niemand (5) van Vanderbijlpark het verlede maand haar derde hartoperasie ondergaan. Sy sterk tuis aan en haar ma, Janita, het laat weet dit gaan baie goed met die dapper vegtertjie.

Haar bors is nog maar seer as sy nies of hoes, maar andersins is sy haar woelige self. Op Maandag, 4 Julie het haar ma ‘n kort video op hul Heart Warrior Mialinke se Facebookblad geplaas waar sy al ‘n paar gholfballe slaan. Die ene glimlaggies soos gewoonlik. Kyk gerus hier. 

Sy speel ook weer lekker pop en geniet die lewe.

Mialinke gaan eersdaags vir haar opvolgbesoek aan die dokter. Ons glo en vertrou dat die spesialis ook tevrede sal wees met haar vordering.

In Mialinke se geval is die twee regter hartkamers onderontwikkel. Niemand kon help nie, totdat hulle by dr. JR Harrisberg, ‘n kardioloog van Sunninghill, uitgekom het.

Om dit te herstel, het haar ouers van die begin af geweet sy sal drie operasies moet ondergaan.

Lees die volledige berig op die webwerf van die Herald se susterkoerant Vaalweekblad hier:

Ons hartpasiënt, Mialinke (5) speel al “gholf” | Vaalweekblad

Related Articles

Back to top button