NewsNews

Oud-Volkie oorlede in frats motorfietsongeluk

"Geen woorde kan Johantjie se heengaan beskryf nie. Ons gesin is verpletter. Rus sag ons glimlaggende engel,"

Die skielike afsterwe van een van Potchefstroom se geliefdste sportmanne, Johan Halliday (31) het groot skokgolwe in die plaaslike gemeenskap gelos.

Johan is Saterdagaand, 2 Julie, net voor midderdag (23:50) oorlede toe hy met sy motorfiets teen ‘n muur in Aarbeilaan vasgery het.

Johan Halliday is Saterdag, 2 Julie in ‘n fratsongeluk oorlede.

Sy gesin en vriende is nog steeds in skok na Johan se onverwagse dood.

Volgens sy ma, Micky Bennett, ‘n bekende sakevrou in Potchefstroom, was Johan ‘n sagte en minsame seun wat altyd met ‘n glimlag gereed was om te help.

Johan en sy ma, Micky.

Johan was bekend as ‘n top sportman en atleet wat in atletiek, krieket en rugby uitgeblink het. Hy het sy laerskoolloopbaan by President Pretorius spandeer en sy matriek by Potch Volkskool in 2009 voltooi.

Na skool studeer hy aan die Noordwes Universiteit en behaal ‘n graad in biokinetika en onderwys.

Hy was ook tot en met sy afsterwe werksaam by BMW Klerksdorp se motorfietsafdeling.

Johan se roudiens vind hierdie Vrydag (8 Julie) om 10:00 by die PPK in Maherrystraat plaas.

Oud-Volkie oorlede in frats motorfietsongeluk | Potchefstroom Herald

Related Articles

Back to top button