Local newsNewsNews

Zanika ‘n finalis in groot kompetisie

Klein Zanika Morton van Carletonville laat haar deur niks onderkry nie.

Dié kleinding van Carletonville Uitbreiding 9, wat op 16 Junie vyf jaar oud geword het, se lewe het in 2020 drasties na ‘n fratsongeluk verander.
Sy het op 25 Maart van dié jaar, op die vooraand van die Covid-19 noodtoestand, oor haar speelgoedsak geval en haar kop teen haar ouers se bed gestamp.
Na besoeke aan verskeie spesialiste en twee groot operasies het dokters vasgestel dat sy die sig in haar een ogie permanent verloor het. Nóg ‘n operasie is gedoen om haar beskadigde oogbal te red. Tydens dié operasie is vet uit haar boudjie naby haar heup gesny en in haar ogie oorgeplant om haar oogbal na sy natuurlike vorm te herstel. Sy dra ‘n prostese oor dié oogbal wat dit soos haar ander oog laat lyk.
Zanika het egter almal met haar optimisme en deursettingsvermoë verbaas en is steeds die vrolike en besige kleinding wat sy voor die operasie was. Volgens haar ma, mev. Anika Morton, is Zanika onlangs as ‘n finalis gekies om saam met die kindermusiekkarakters Buster en Bella, op televisie te wees.
Dit gaan ook baie goed met haar in die skool en sy het onlangs begin om gimnastiek te neem. Sy presteer ook al vir ‘n geruime tyd in modelwerk.
“Ek is dankbaar, want die Here seën haar so met alles wat sy doen,” sê haar ma.
Lesers kan vir Zanika stem deur EB94 na die nommer 47620 te SMS.

You can read the full story on our App. Download it here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button