NewsNews

Babaseuntjie sterk goed aan in Potch na beroerte

Daar was goeie nuus hierdie week toe die bloedklont kleiner geword nie en die bloedtoevoer na die regterkant van sy brein vermeerder het.

Keean Claase, die 11 maande oue babaseuntjie met ‘n Tetralogy of Fallot-hartkondisie, sterk tans goed aan by Potchefstroom Mediclinic na hy verlede maand Covid-19 en ‘n beroerte moes trotseer.

Keean is verlede maand in die Netcare Sunninghill Hospitaal in Sandton opgeneem nadat hy Covid-19 en die Bocavirus opgedoen het wat slym op sy longe veroorsaak het. Om sake te bemoeilik het hy ook ‘n beroerte in die Netcare Sunninghill Hospitaal in Sandton gekry, waar hy behandel was.

Keean Claase sterk tans by Mediclinic Potchefstroom aan.

Die beroete het veroorsaak dat daar ‘n bloedklont na sy brein beweeg het. Dit het ook hom gedeeltelik verlam en daarom is hy gedurig gemonitor voordat hy saam met sy ouers, Francois Claase en Michelle du Preez, terug na Potch kon keer.

Keean en sy ma, Michelle.
Keean Claase en sy pa Francois, is weer bly om terug in Potchefstroom te wees. Foto: Verskaf

Daar was goeie nuus hierdie week toe die bloedklont kleiner geword het en die bloedtoevoer na die regterkant van sy brein vermeerder het. Keean kon toe oorgeplaas word na MediClinic Potchefstroom en is nou onder die pediater, Dr. Hannelie Potgieter, se sorg.

Keean en sy ouboet, Francois Claase, wat te bly was om hom weer te kon sien.

Tans moet Francois-hulle ook ‘n manier kry om die finansiele las ligter te maak, aangesien al die hospitaalrekeninge vermeerder met tyd.

“Dit is ‘n verligting om terug te wees. Die rekeninge wat ons moet betaal stroom in, maar ons weet dat die Here vir ons ‘n weg sal wys,” noem hy.

Keean borsel hier sy tande.

Keean sal nou op suurstof en medikasie bly sodat hy heeltemal kan herstel voor daar ge-opereer kan word. Voor Keean Covid-19 opgedoen het en ‘n beroerte gekry het, was hy veronderstel om ‘n operasie vir sy hartkondisie te ondergaan. Weens komplikasies met Covid-19 en die beroerte is dit eers uitgestel.

As alles goed verloop sal die ope hart-operasie oor ongeveer 4-5 weke plaasvind.

Francois noem ook dat hy binnekort ‘n Back-A-Buddy-rekening sal stig om met die mediese kostes te help.

Babaseuntjie sterk goed aan in Potch na beroerte | Potchefstroom Herald

Related Articles

Back to top button