NewsNews

Handre verjaar, en is eersdaags tuis

Veels geluk met jou verjaardag Vinkie! Ons is baie bly om daardie mooi glimlag te sien. Hoop jy is gou tuis!

Handré Read van Vanderbijlpark wat op 27 April 2022 ernstig beseer is in ‘n motorongeluk sterk baie goed aan in die rehabilitasiesentrum in Johannesburg.

Vinkie, soos hy onder sy familie bekend staan, wil nou net huis toe kom.

Vinkie op die punt om sy 6 verjaardagkersies dood te blaas.

Juis daarom het van sy vriende, familie en klasmaats op Maandag, 13 Junie giggelgeel aangetrek, sodat hy kan weet almal dink aan hom en wens hy was nou al tuis.

13 Junie is ook die mannetjie se verjaardag. Sy gesin was vroegdag al by hom, almal in geel aangetrek, om vir hom sy geskenk te gee en saam koek te eet.

Lees die volledige berig op die webwerf van die Herald se susterskoerant Vaalweekblad hier:

Handre verjaar, en is eersdaags tuis | Vaalweekblad

Related Articles

Back to top button