![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/115/2022/06/Emily-Benson-Gr2-780x470.jpg)
Die skole perdrybeheerliggaam SANESA, het verlede naweek twee kwalifiseerders by die AfriDome in Parys gehou.
Jané Nel (gr. 6), het op Hollywood Penny ‘n eerste- en tweede plek in die ruiterkuns en twee derde plekke in die “perd performance”-klasse vir haar skool behaal.
Emily Benson (gr. 2), het op haar perd Jimmy derde plekke in die ruiterkuns en perd “performance”-klasse behaal.
Mieka Prinsloo (gr. 6), het op Spring Time Pintotwee derde plekke in die ruiterkuns en ‘n vierde plek in die perd “performance”-klasse ingepalm.
Nóg twee leerders, Mariolee Brandon (gr. 2) en Annemie Brandon (gr. 6) het ook verskeie plekke behaal.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/115/2022/06/Mieka-Prinsloo-Gr6-300x400.jpg)
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/115/2022/06/Jane-Nel-Gr6-300x400.jpg)