NewsNews

Vermeende kabeldief vasgetrek

Wakker inwoners van Fochville het verlede week self ‘n vermeende kabeldief in die dorp vasgetrek.

Volgens ‘n gemeenskapsleier, mev. Aileen Nieuwenhuizen, het sy en haar man Hans, verlede Maandagaand patrollie gery.
“Ons het begin help omdat ons verlede week self twee keer deurgeloop het toe diewe by ons besigheid ingebreek en drie ook in ons erf was,” sê sy.
By die hoek van 4de- en Randstraat het hulle gesien hoe een van die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit se elektrisiëns sy voertuig se ligte vir hul flikker. Hulle het ook ‘n blanke man op die sypaadjie met ‘n sportsak sien loop.
Toe dié man hulle sien, wou hy weghardloop, maar die Nieuwenhuizens kom hom betyds voorkeer.
“Ons het vir hom gesê ons wil sien wat in sy sak is,” vertel Aileen.
Hulle het gou gesien dat die man ‘n panga en allerlei toerusting wat gebruik kan word om kabels te steel, in die sak het. Hulle het die polisie en CPI gekontak en die man is op die plek in hegtenis geneem.

 

Related Articles

Back to top button